Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/05/2012

Gebraaide lamsboud met kruie

2 kg ontbeende lamsboud
sout en varsgemaalde swartpeper

50 mℓ fyngekapte pietersielie
30 mℓ fyngekapte kruisement
15 mℓ fyngekapte salie
10 mℓ vars tiemie
10 mℓ vars roosmaryn
30 mℓ vars geskeurde basiliekruid
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 mℓ vars uitgedrukte suurlemoensap
10 mℓ olyfolie
350 mℓ pinot noir

Vryf die vleis in met sout en peper.

Meng al die droë bestanddele vir die vulsel en smeer dit oor die boud.
Rol die boud op en bind dit vas met tou.

Sprinkel die suurlemoensap en olyfolie oor die vleis.
Braai die vleis in die oond by 200°C in 'n braaipan wat gespuit is. Braai vir 20 minute.

Gooi die wyn in die braaipan en gooi 125 mℓ water by, bedek met foelie en bak by 180°C vir 1 uur en 30 minute.

Verwyder die vleis uit die pan en hou warm.
Gooi die vloeistof in 'n kastrol en kook tot dit met die helfte verminder het. Bedien as 'n sous saam met die vleis.

Die resep is genoeg vir 8 persone.

No comments :

Post a Comment