Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/04/2012

Hoender à la biarotte

1,5 kg hoender, in stukke gesny
genoeg olyfolie vir braai
150 mℓ droë witwyn
150 mℓ tamatiesous
1 knoffelhuisie, gerasper
150 g knopiesampioene
150 g aartappel, in blokkies gesny
1 eiervrug, in klein blokkies gesny
1 ui, in baie dun ringe gesny

Braai die hoender bruin in olyfolie.

Voeg die wyn by, plaas die deksel op en kook dit in die wyn tot meeste van die vloeistof weggekook het. Skud die pot gereeld sodat alles eweredig kook en met die wyn in aanraking kom.

Voeg die tamatiesous en knoffel by en kook tot alles goed verhit is.
Verwyder die hoender en hou warm. Behou die sous wat in die pot oorgebly het.

Braai die sampioene, aartappel en eiervrug in 'n aparte pan in olyfolie tot die aartappels sag en effens verbruin is.

Braai die uie in 'n skoon pan in olyfolie tot sag.

Wanneer jy die hoender bedien skep jy die sous oor en rangskik die groente om die hoender.

No comments :

Post a Comment