Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/27/2012

Maklike Black Forest

12 sjokolade-muffins (koop klaar gebakte muffins)
2 blikkies ontpitte swartkersies
500 g roomkaas
2 blikke kondensmelk
sap van 1 suurlemoen (2 eetlepels van die botteltjie soort)
125 ml brandewyn
500 ml room
Whispers-sjokoladeballetjies vir versiering
versiersuiker om oor te sif
kruisementblare

Sny die sjokolade-muffins in die helfte.

Dreineer die kersies.

Meng die roomkaas en kondensmelk goed en voeg die suurlemoensap by.

Pak ’n laag sjokolade-muffins in ’n groot bak of glase. Gooi van die brandewyn oor die muffins.
Gooi ’n laag roomkaasmengsel oor die muffins en pak dan ’n laag kersies. Herhaal dié proses.
Klop room styf en skep heel bo-op.

Versier met die Whispers (niemand is tog lus om sjokolade-krulle te maak nie), en sif versiersuiker oor.
Druk kruisementblaartjies in vir die mooi.

Resep: Okkie C. Jansen van Vuuren

No comments :

Post a Comment