Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/31/2012

Oorvloed

Uiteindelike nog ’n groot kookboek van Marlene van der Westhuizen! En dit in Afrikaaans, haar moedertaal.

Marlene se vorige topverkopers het slegs in Engels verskyn, maar nou kan Afrikaanse kokke ook deel in die vreugde.

In Oorvloed deel Marlene al haar nuwe resepte en haar liefde en passie vir Kaapstad en stadskos. Vanuit haar tuiste in Groenpunt, op die hange van Tafelberg, vier Marlene die wonders van die stadslewe met 89 nuwe, smaaklike, maklike resepte om te maak vir familie en vriende.

Die titel sinspeel op gasvryheid en gulhartigheid; beslis nie op oordadige of oorvloedige beursies nie. Dit gaan oor die vreugde van eet en samesyn.


Die foto’s vang die romanse van Marlene se kos en haar tuiste vas – van wandelinge op die Seepunt-promenade en deur Groenpuntpark tot al haar gunsteling restaurante. Besoek die markte en ontmoet die chefs. Dis stadskos en die stadslewe op sy beste!

Oorvloed / deur Marlene van der Westhuizen -- Human & Rousseau, 2012. -- 160 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798155410 : R 325.00

No comments :

Post a Comment