Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/17/2012

Penne met gebraaide hoender

45 mℓ olyfolie
6 hoenderborsies, skoongemaak en die vel verwyder
60 mℓ droë witwyn
250 g penne
1 ui, opgekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g crème fraîche
sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die hoenderborsies ligbruin in die olyfolie in 'n pan.
Gooi die wyn by, geur met sout en peper, verlaag die hitte en kook stadig vir 10 minute.

Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en hou eenkant.

Verwyder die hoenderborsies uit die pan en sny dit in blokkies.

Braai die ui in dieselfde pan saam met die knoffel tot sag.
Plaas dan die hoender terug, voeg die crème fraîche by en geur.

Meng die pan se inhoud met die pasta en bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment