Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/01/2012

Markdag

Markte is toenemend gewild en elke klein dorpie en hip woonbuurt het deesdae sy eie mark, ’n gunsteling uitstappie vir oud en jonk.

Die koskenners en skrywersbroer en -suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy nooi jou uit om deel te word van dié lekkerte.

Hulle boek is propvol nuwe, oorspronklike en kreatiewe resepte vir self geniet of vir present-gee – of verkoop om jou inkomste aan te vul.

Resepte soos waatlemoenkoek, macadamiabobotie, sjokolade afdrukke, oopgesig Aloo pasteitjies, Ouma se melktert en marshmallow reënboogkoek is maar van die baie verrassings wat wag.


’n Besielende visuele fees wat jou vingers sal laat jeuk om self deel te word van die volgende markdag in jou omgewing.

Elke hoofstuk is pragtig ontwerp om by elke spesifieke mark te pas. Die hoofstukke dek onder meer:

• Skoolkermis en fondsinsameling
• Kerkbasaar
• Padstalletjie
• Stads- en dorpsmark
• Straatkos
• Wêreldmark en die toekoms
• Geskenke en feesviering
• Boeremark



Markdag / deur Callie Maritz & Mari-Louis Guy -- Human & Rousseau, 2012. -- 208 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798157315 : R 208.00

No comments :

Post a Comment