Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2012

Mont Blanc

900 g kastaiings
60 mℓ suiker
110 g ongesoute botter
280 mℓ room
5 mℓ strooisuiker
4 druppels vanieljegeursel
4 klein suikerbrode
30 mℓ rum

Vir die versiering:

gekristalliseerde viooltjies
glanskersies
angelika

Kook die skoongemaakte kastaiings, dreineer en vryf dit deur 'n sif. Behou 120 mℓ van die vloeistof.

Los die suiker op in die kastaiingwater en kook 1 minuut lank.
Klop die stroop en die kastaiings saam.
(Hoe om kastaiings te kook)
Verroom die botter tot sag en klop by die kastaiings.


Klop die room tot dit begin styf word en vou dan 30 mℓ by die kastaiings.

Voeg die strooisuiker en vanieljegeursel by die orige room en klop to styf.

Sny die suikerbrode deur, pak in 'n koekpan en sprinkel die rum oor. Laat staan dit so vir 'n paar minute.

Wees versigtig wanneer jy die koek uit die pan haal. Stapel die koek in 'n vorm van 'n berg (of 'n klomp klein bergies) en bedek met die kastaiingmengsel.
Spuit die room oor die kastaiingmengsel tot dit oral bedek is.

Versier die koek (koekies) met gekristalliseerde viooltjies, kersies en angelika.

No comments :

Post a Comment