Die gereg word teen kamertemperatuur of koud bedien.
500 g gars
1 kg skoongemaakte garnale
250 g kersietamaties, gehalveer
200 g feta, verkrummel
1 soetrissie, in blokkies gesny
1 bossie stingeluie, in klein stukkies gesny
'n Franse slaaisous om dit te benat – ons het tarragon-asyn gebruik om dit te maak
'n goeie sout – byvoorbeeld Maldon
varsgemaalde swartpeper
Kook die gars volgens die aanwysings op die pakkie.
Gooi dit in 'n vergiettes, spoel af met koue water en laat staan om af te koel.
Terwyl die gars kook maak jy die slaaisous en berei die ander bestanddele voor.
Braai die garnale in olie tot gaar – ongeveer 3 minute. Geur met sout.
Die gars raak baie droog en dis hoofsaaklik waarom die slaaisous nodig is. Gebruik dit soos jy dink nodig is.
Meng al die bestanddele saam en geur met sout en peper.
Hierdie gereg kan ook verander word om te dien as slaai. Verminder die gars as jy dit as slaai bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment