Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/25/2012

Suurlemoenmousse

6 eierwitte
680 g suiker
sap van 6 suurlemoene
375 mℓ water
30 mℓ gelatien
10 mℓ gerasperde suurlemoenskil
knippie sout

Week die gelatien in 125 mℓ water.

Los die suiker in die orige water op en bring tot kookpunt.
Verwyder dit van die hitte en roer die gelatienmengsel by. Roer tot dit helder is. Roer die suurlemoensap en –skil by.
Laat die mengsel staan om af te koel totdat dit min of meer lyk soos ongeklitste eierwit.

Klop die eierwit en sout saam tot styf.
Voeg die suurlemoenmengsel stadig by terwyl jy aanhoudend klop. Hou aan met klop tot die mengsel styf en dik is.
Gooi die mengsel in 'n vorm wat met water uitgespoel is.
Plaas dit in die yskas.

Wanneer dit gestol is keer jy dit uit en versier met room en kersies.
Bedien dit saam met vla.

No comments :

Post a Comment