Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/07/2013

Bottereaux

Bottereaux is 'n poffer gegeur met brandewyn of likeur.

Meng 400 g meel met 'n knippie sout, 60 mℓ strooisuiker en 30 mℓ brandewyn.
Voeg by 20 g gis en 125 mℓ melk om 'n deeg te vorm. Knie die deeg goed en rol uit tot 5 mm dik.
Sny 125 g botter in klein blokkies en strooi dit oor die deeg. Vou die deeg dubbeld om die botter toe te maak. Rol dit uit en knie dan weer om die botter goed in te werk. Maak 'n bal met die deeg en laat staan vir 3 uur lank om te rys.

Rol die deeg baie dun uit (3 mm) en druk dan vorms uit met 'n koekiedrukker. Bottereaux word tradisioneel in een of ander geometriese vorm gesny.
Braai dit in baie warm olie en dreineer op kombuispapier voor jy versiersuiker daaroor strooi.

No comments :

Post a Comment