Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


1/08/2013

Salm met rooi uie

Vir die resep is 'n kilogram salm gebruik, skoongemaakte filette.
Plaas die salm in 'n oondpan wat met olyfolie gesmeer is.

Meng 2 fyngekapte rooi uie, 2 fyngekapte knoffelhuisies, 40 mℓ vars pietersielie, 5 mℓ fyngekapte vars dille, 40 mℓ olyfolie, 80 mℓ witwyn en sout en peper saam.
Gooi die mengsel oor die vis en bak vir 35 minute by 180°C.

Bedien dit saam met groente.

No comments :

Post a comment