Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/05/2013

Bloedwors

250 mℓ meel
250 mℓ hawermeel
375 mℓ suiker
10 mℓ sout
1 liter vars bloed
500 mℓ melk
750 mℓ spek, in blokkies gesny
500 mℓ sultanas / ontpitte rosyne
skoongemaakte derms van 'n vark of bees

Onthou om gedurig die bloed te roer, sodat dit nie stol nie.

Meng die meel en hawermeel.
Voeg die sout en suiker by.

Meng die melk en spek met die bloed.
Roer dit by die meel en suiker.
Voeg die rosyne by.

Vul die derms met die mengsel en werk dit toe. Onthou om bietjie spasie te los in die derms, sodat die mengsel kan uitsit.

Plaas die wors in 'n kastrol kookwater. Prik die wors om die lug te laat ontsnap. Kook dit vir 15 minute.

Dit word gewoonlik koud en in dun skywe bedien. Jy kan dit ook braai en warm bedien.

No comments :

Post a Comment