Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/03/2013

Gestoofde eiervrug met broodkrummels

3 eiervrugte, geskil en in blokkies gesny
botter
suiker
sout en peper
gerasperde vars gemmer
broodkrummels
1 ui, fyn opgesny
neutmuskaat
250 mℓ bouillon / aftreksel
olie

Smeer 'n dikboompot met olie en pak 'n laag van die eiervrug daarop.
Geur met sout en peper en strooi broodkrummels oor.
Stip met botter en strooi 'n knypie neutmuskaat, 10 mℓ suiker, 'n bietjie ui en 'n knypie vars gemmer oor.
Maak lae tot die eiervrug op is.
Gooi die aftreksel oor en plaas die deksel op. Kook oor baie lae hitte tot die eiervrug sag is.
Haal die deksel af en plaas dit onder 'n oondrooster vir 10 minute.

No comments :

Post a Comment