Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/19/2013

Tassal-vleis

Hierdie is 'n ou tradisionele manier om vleis te bewaar. Die biltongsnitte is veral geskik hiervoor, maar jy kan ook die rugstringsnit of beeshaas (steak) gebruik. Verder het jy sout, peper, koljander en asyn nodig. Die sout, peper en koljander moet liggies in die oond geskroei word.

Sny die vleis in lang stukke van ongeveer 7,5 cm dik. Strooi die speserye oor en sprinkel asyn oor.
Laat dit vir 'n dag lank so lê en dan hang jy dit op om droog te word.

Wanneer jy dit vleis wil braai week jy dit eers in water en vlek dit dan so wyd oop as moontlik.

No comments :

Post a Comment