Vir die eerste keer op die eerste Woordfeesnaweek: ’n heerlike kuierfees van kultivars, kos en klank. Raak feesfiks vir die week deur te gaan dak natmaak by die feesterrein!
Skuur skouers met van die kunstenaars, skrywers, donateurs en ander glansmense wat Woordfees toe kom. Dié stemmingskepper sal jou by voorbaat vlerke gee!
Gaan wy die Boektent in met wyn, in ’n proe-fees soos min, met 15 bekende wynplase wat hul beste wyntjie voorsit en meeding om ’n prys vir die oorspronklikste en mees gepaste sêding. So reg in Matie-styl word jy beloon as jy die Woordfees-program op-‘swot’: beantwoord vrae daaroor en wen kaartjies!
In die Plataankafee wys Mia watter hemelse geregte tydens die fees op jou wag, saam met meesleurende akkordeon- en
ander musiek.
De Vette Mossel se sand lê en wag vir jou en ’n viskossie sis al op die kole. Dié stukkie paradys word net vir die dag die Drostdy-Hof Wyntuin, met die Tuindwergies en ander wat sorg vir vermaak.
Glip tussendeur weg na feeskunstenaar Wim Botha se indrukwekkende installasiekuns in die Sasol Kunsmuseum of na Evette Weyers se boeiende woord-en-beeld uitstalling langsaan by Stellenbosch Galery.
Laai gerus jou kleingoed af by die veilige kykNET Kinderfees by PJ Olivier vir pure kinderplesier!
2 Maart
12:00-22:00
Boektent, Plataankafee en De Vette Mossel, Stellenbosch
R60
Woordfees 2013
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment