Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/22/2013

Van der Merwe-fees

Van 1 tot 3 Maart 2013 sal mense van regoor Suid-Afrika byeenkom om hul familienaam en voorouers op die Van der Merwe-fees 352 te eer. Die fees probeer om mense te kry om in hul verlede te delf en hulle aan hul voorouers te herinner.

Met kosstalletjies, kunsuitstallings, toere na die oorspronklike familieplaas, ‘n kinderarea, geskiedkundige praatjies, ‘n Sarel van der Merwe boek ondertekening, musiekoptredes deur onder andere Wicus van der Merwe en die Mej. Van der Merwe-kompetisie is dit ‘n fees vir die hele gesin.

Dis die Van der Merwe-fees 352 van 1 tot 3 Maart 2013 op die Backsberg-Wynlandgoed.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Kaartjies sal by die hek verkoop word. Besoek ook die webwerf www.vandermerwefees.co.za, bel Nicolene vir navrae by 079 642 2892 of stuur ‘n e-pos aan nicolene@vandermerwefees.co.za

No comments :

Post a Comment