Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/06/2013

Doekpoeding / Jan-in-die-sak

"Die poeding kook ek elke jaar vir Kersfees op die 1ste Desember.
Berei die sak die volgende aand voor ... sodat jy nie sukkel as jy dit nodig kry nie."
- Naomi le Roux

1 dagoud brood (wit of bruin) (ek het hierdie keer bruinbrood gebruik)
Sny die korsies af en breek die snye in stukkies.
Maak die stukkies fyner in ‘n draai handsnyer- of pols dit met ‘n elektriese snyer.
3 koppies broodkrummels (dit moenie fyn krummels wees nie ... maar ook nie groot growwe stukke nie)

Sif die volgende bestanddele saam:
5 x 250 ml koekmeelblom
15 ml gemengde speserye
5 ml fyn kaneel (opsioneel) (ek het dit bygesit)
10 ml sout
Meng 125 g Stork bake margarine by die droë bestanddele in dat dit soos krummels lyk.
Sit die brood by en meng goed deur.

Voeg die volgende bestanddele by die broodmengsel:
750 ml geel sultanas
750 ml korente
750 ml ontpitte rosyne
Ek het 1 pak glanskersies en ½ pakkie versuikerde lemoenskil bygesit (opsioneel).

Klits die volgende bestanddele baie goed tot die suiker opgelos is:
6 eiers (7 eiers by die see)
500 ml wit suiker
63 ml brandewyn (¼ koppie)
125 ml fyn appelkooskonfyt

Meng die volgende en roer goed:
1 pakkie koeksoda (15 g)
375 ml melk
Meng al die bestanddele bymekaar en sit dit in die sak/doek. (Slap deeg)

Bring groot pot met water tot kookpunt op gasstoof. ± 20 liter.



SAK / DOEK
1. Jy kan ‘n kussingsloop gebruik maar ook ‘n groot genoeg ongebleikte linne doek van 80 x 80 cm groot.
2. Was die doek / sak en droog dit goed uit.
3. Sit bietjie koekmeel in die sak / doek, skommel dit en gooi die meeste meel uit.
4. Sit die doek / sak in ‘n groot genoeg skotteltjie en gooi die beslag daarin.
5. Maak die doek / sak se punte bymekaar en bind dit styf met tou toe 4 vingers bokant die deeg. Daar moet ruimte wees vir die poeding om te rys.
6. Sit bord in pot en sit dan die doek met deeg in die pot met kokende water en plaas 2 stene op die deksel. Kook poeding vir 3 – 4 uur. (myne het vir 4 uur gekook ... dit is ’n groot poeding)
7. Moenie die deksel oplig om te kyk wat daar aangaan nie. Na 2 uur kan jy die deksel lig en kyk of die water nog reg is. Gooi nog kookwater by indien nodig. Poeding moet in halfvol water lê. Na die kooktyd verby is, haal die poeding met ’n tang uit die pot water en sit dit in 'n skotteltjie.
8. Laat bietjie afkoel voordat jy die tou losmaak. Laat poeding koud word in die sak ... voordat jy dit versigtig uit die sak wikkel op 'n draadrak met kleefplastiek onder. Gooi doekie oor.
9. Laat dit heeltemal koud word. Jy kan die harde korsie afsny, maar ek los dit aan dan bly die poeding lekker vars. Draai die poeding toe in tinfoelie en laat in die vrieskas ryp word. Giet na ’n week 63 ml brandewyn oor ... maak paar gate met 'n koek-toetspen.



NS. Ek het die poeding opgesny in 4 dele en 3 dele opgesny in snye en dit so gevries.
Haal net vroeg uit sodat dit kan ontdooi voor gebruik.

Variasie: Bedien met vla of brandewynsous.
Bedien die poeding met botter gesmeer by die middag koffie.

1 comment :