Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/05/2013

Naomi se brandewynsous

2 koppies water
4 eetlepels brandewyn of 1 teelepel brandewynessens
4 kruienaeltjies
1 koppie suiker
1 eetlepel mielieblom / Maizena (15 ml)
'n stukke droë gemmer
'n stukke pypkaneel
'n knippie sout

Kook die water, kruienaeltjies, gemmer en kaneel omtrent 10 minute, tot die water goed gegeur is.

Verwyder die speserye en voeg die suiker by.
Meng mielieblom met bietjie koue water en voeg by.
Kook tot sous deurskynend is - roer aanhoudend.
Verwyder van hitte en voeg die brandewyn by - net voor opdiening.
Steek aan die brand en bedien.

resep: Naomi le Roux

No comments :

Post a Comment