Met sy amper 600 resepte het dié nuwe Top 500 60 bladsye meer as die vorige bundel. Die toevoeging van variasies en wenke verhoog ook die waarde van die boek.
Met 15 hoofstukke wat soet- en souttert, vis en seekos, vleisgeregte en pasteie, asook nageregte en koeke insluit. Gunstelinge soos Wildspastei, Roosterkoekhamburgers, Kaapse kerrie en Goumet-paella laat die mond water. Vir die soettand is daar Rooifluweel-kaaskoek, Baklava en die beste Wortelkoek ooit.
Al die resepte is getoets deur die hoogs ervare Huisgenoot/YOU kosredaksie: ’n flatervrye kook- en bak-ervaring is verseker.

Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2 / deur Carmen Niehaus -- Human & Rousseau, 2013. -- 380 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798158060 : R 330.00
No comments :
Post a Comment