Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/12/2013

Kokkedoor

Wie is die flinkste in die kombuis, wie kook oor van kreatiwiteit en wie gaan eerste Kokkedoor kraai op kykNET?

Vanaf gister kry kykers elke week die kans kry om te sien hoe 10 Kinkelkokke en 10 Onthoukokke meeding om gekroon te word as kykNET se eerste Kokkedoor.

Die reeks is tydens Februarie en Maart in die Karoo-dorp Prins Albert verfilm, waar temperature binne én buite die Kokkedoor-stoor behoorlik kookpunt bereik het. Inskrywings van regoor die land het ingestroom en na ‘n streng oudisie proses is die top 20 gekies.

Die Kokkedoor finaliste is ‘n kleurvolle lot; daar is tannie Poppie van Kriel, Ida die kwaai sjef van Bloemfontein, babbelende Trudie van George, eksentrieke Casper van Rawsonville en mooi gesondheidbewuste Mathilda van Somerset-Wes om maar ‘n paar te noem.

Die gesoute kos-kenner beoordelaars , Hetta van Deventer-Tereblanche en Nic van Wyk, word weekliks bygestaan deur ‘n reeks opwindende gas-en-glans-beoordelaars om die koring van die kaf te skei met opwindende ikoon-disse en tema’s as uitdagings.

Mariëtta Kruger neem die leisels van die program ferm in haar bekwame hande as aanbieder en duiwelsadvokaat.

Kokkedoor is meer as ‘n nuwe realiteitsprogram. Kokkedoor beoog om kykers weekliks te vermaak en vasgenael te hou, maar terselfdetyd ‘n herlweing van nostalgie in ieder en elk se kombuis verwek.

Elke Donderdagaand om 20h00.

No comments :

Post a Comment