Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/11/2013

Bottervis / Butter Fish

60 g botter
15 ml olie
1 kg ferm vis, in blokkies gesny
2 uie, fyn opgekap
20 ml garam masala
20 ml fyngemaalde koljander
15 ml fyngedrukte knoffel
15 mℓ fyngedrukte gemmer
20 ml rissiepoeier
5 ml sout
3 kardemom sade
5 swart peperkorrels
150 ml gewone jogurt
30 ml tamatiepuree
150 ml helfte melk en helfte water
2 lourierblare
10 ml mielieblom
200 ml room

Verhit die botter en olie saam in 'n kastrol.
Braai die uie nou tot sag.

Meng die speserye, jogurt en tamatiepuree met die visr in 'n mengbak.
Voeg die vismengsel by die uie.
Voeg die melk en lourierblare by en laat dit prut vir 30 minute. Roer af en toe.

Meng die meel en room saam en voeg by die vis. Prut vir nog 15 minute.

Garneer die gereg met vars koljander en gekapte grasuie voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment