Die gewilde aktrise, Brümilda van Rensburg, wat tans in High Rollers op SABC3 speel, is ons gasvrou. Sy vertel meer oor haar boek Vyftig, vurig en fabulous en Vital Health Foods se bemarkingsbestuurder, Sonja de Witt, fokus op vroue en hul gesondheid. André Terblanché en Winand Grundling maak musiek wat jou nuut oor die begrip “stylvolle musiek” sal laat dink.
Geen dag is volmaak sonder ‘n heerlike kuier om die kostafels nie. Gaste word ook bederf met Maizena en Bokomo se Rooibos & Honey Flavoured Instant Oats in gebak. Longridge se voortreflike Sauvignon Blanc is die perfekte pasmaat vir die middagete wat op jou wag. Vir lafenis deur die dag is daar verkwikkende Laager Rooibos en mineraalwater van Cedarberg Aqua. Elke gas kry ook ‘n groot pasella: drie maande se gratis inskrywing op Rooi Rose! Daar is ook geskenke van Vital Health Foods en Laager Rooibos-produkte, en talle ander verrassings.
Moontlik gemaak deur: Laager Rooibos en Rooi Rose
1 Mei | Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam

Besprekings: Voor 17 April by Adelé Coetzee by 027 482 2155
Cederberg Kunstefees 2013
No comments :
Post a Comment