Hierdie resep is deel van Willie Strauss se versameling van gunsteling resepte. Die resepte is vervat in die hardebandboekie wat deel is van sy verpakking van sy nuwe CD Seisoene.
Lees meer oor Seisoene >>
125 mℓ appelkooskonfyt
375 mℓ meel
125 mℓ botter
10 mℓ koeksoda
5 mℓ sout
Stroop:
625 mℓ water
5 mℓ fyn kaneel
250 mℓ bruinsuiker
7,5 mℓ gedroogde appelkose, fyn versnipper
Meng die konfyt, koeksoda en botter saam tot romerig. Voeg al die droë bestanddele by en meng baie goed (hou eenkant).
Meng al die bestanddele van die stroop saam en roer tot al die suiker gesmelt is. Kook totdat dit net begin borrel en skep dan lepels vol van die deeg in die stroop en sit dadelik die kastrol se deksel op.
Kook vir ongeveer 20 tot 30 minute op 'n lae hitte tot gaar. Dit is baie belangrik om nie die deksel op te lig nie, want dan gaan jou kluitjies toeslaan. Al is jy nuuskierig, moet jy wag tot dit klaar gekook het, voordat jy die deksel lig om die heerlike nagereg te aanskou.
Bedien die kluitjies met lekker tuisgemaakte vla.
Resep: Willie Strauss
Lees meer oor Seisoene >>
Die musiek van Seisoene is deel van Strauss se nuwe “kabasert” Daar is ‘n Engel in die Koskas.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
4/16/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment