City Press het gister berig dat gewilde supermarkte soos Pick n Pay, Shoprite, Fruit and Veg City, Woolworths en Spar tel onder die winkelgroepe wat vleisprodukte verkoop waar die vleis nie met etikette ooreenstem nie.
Dié winkelgroepe het volgens die koerant egter gesê die probleem word geskep deur vleisborde, sae, hande en toerusting wat gebruik word om een vleissoort te hanteer, wat dan in kontak kom met ander vleis.
'n Studie deur die Universiteit Stellenbosch (US) het getoon dat bykans 60% van 139 produkte wat getoets is, bestanddele bevat het wat nie op die etikette aangedui is nie, insluitend donkie en waterbuffel, sowel as bok- en varkvleis.
Altesaam 20 van die 32 Shoprite-produkte wat getoets is, se etikette was nie akkuraat nie.
Louw Hoffman, die wetenskaplike agter die studie, het gesê verkeerde etikette is "algemeen" in Suid-Afrika.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment