Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/03/2013

Vis in kokosneutmelk / Fish in Coconut Milk

500 g visfilette
2,5 mℓ borrie
5 mℓ sout
15 mℓ olie
1 ui, fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
5 mℓ vars gerasperde gemmer
8 kerrieblare
2 rissies, die saad verwyder en in fyn repies gesny
750 mℓ kokosneutmelk
suurlemoensap na smaak

Vryf die vis in met die borrie en sout en hou eenkant.

Verhit die olie in 'n souspan en braai die ui saam met die gemmer, knoffel, kerrieblare en rissies tot die ui sag is. Moet dit nie bruin braai nie.

Gooi die kokosneutmelk by en roer aanhoudend tot dit begin prut.

Plaas die vis in die pan en kyk dat dit weer begin prut. Die vis moet vir ten minste 10 minute prut.

Geur met suurlemoensap na smaak.

Die resep bedien 4 persone.

No comments :

Post a Comment