Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/25/2013

Cumberland-sous / Cumberland Sauce

'n Cumberland-sous is veral geskik vir koue vleis. 'n Alternatiewe gebruik is saam met tuna.

¼ lemoenskil, in dun repies gesny
sap van 1 lemoen, deur 'n sif gegooi
60 mℓ kweperkonfyt / koejawelkonfyt
sap van ½ suurlemoen
60 mℓ port
Kook die lemoenskil in water tot sag. Dreineer, spoel dit af en hou eenkant.

Smelt die konfyt oor lae hitte en roer dan die suurlemoensap, lemoensap en port by.
Laat dit koud word.

Voeg nou die lemoenskil by en bedien.




(foto Renée Suen)

No comments :

Post a Comment