Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2013

Elke dag koningskos

Is jy en jou gesin moeg daarvoor om week na week dieselfde disse te eet? Wens jy soms dat jy net bietjie leiding kan kry om jou etes effe meer spesiaal te maak? Hierdie kookboek is net wat jy nodig het!

Christine Capendale het die vermoë om alledaagse geregte te neem en hulle in iets buitengewoon te omskep. Dink maar aan die tradisionele pasta met frikadelle. Sy voeg twee ongewone bestanddele by die maalvleis (vars pietersielie en basiliekruid), en bedien dit met ’n maklike tamatiesous met aksente van witwyn en basiliekruid-pesto – siedaar, ’n dis vir konings!

Sy kry inspirasie vir haar resepte uit haar reise oorsee, en haar geliefde Weskus. So kan kokke dwarsoor die land help om die geure en smake van Thailand, Vietnam en Indië in hulle kombuise optower. En die Weskus-resepte is meer as net gerookte snoek: daar word telkens ’n paar ongewone toevoegings gemaak, met genoeg alternatiewe opsies sodat selfs kokke diep in die binneland die Weskus-wêreld kan proe.

’n MOET vir nuuskierige en avontuurlustige huiskokke!

Ook beskikbaar in Engels: Everyday Delicious

Elke dag koningskos word op 25 Julie 2013 vrygestel.


Elke dag koningskos / deur Christine Capendale -- Human & Rousseau, 2013. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798157971 : R 230.00

No comments :

Post a Comment