1 hoender, ook die hoender se pote
1 kalfskenkel
3 liter water
sout na smaak
6 peperkorrels
2 preie
6 wortels
1 ui, met 2 naeltjies daarin gesteek
2 stokke seldery
1 bouquet garni
1 knoffelhuisie
Plaas al die vleis in 'n groot pot, gooi die water by en sit die sout en peper by. Bring stadig tot kookpunt.
Laat dit prut vir 1 uur. Skep enige opdrifsels af van tyd tot tyd.
Voeg nou die preie, wortels, ui, seldery, bouquet garni en knoffel by. Prut verder vir nog 2 uur.
Skep alle vet of ander opdrifsels af en proe vir sout en peper. Gooi dit deur 'n sif en laat die vloeistof afkoel voor jy dit vries.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment