Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/20/2013

Biltongfees

Die Gereformeerde Kerk Parys bied weer op 24 Augustus 2013 hul jaarlikse Biltongfees by die Afridome in Parys aan. Hierdie fees is ‘n jaarlikse instelling in Parys en word al die afgelope tien jaar met groot suskes aangebied.
Gedurende die dag is daar stalletjies en optredes deur plaaslike kunstenaars, lekker gesinsvermaak – dagtoegang alleen:
Volwassenes – R10
Kinders onder 12 en pensionarisse – R5

Voldagfees met toegang tot die Biltongete die aand:
Volwassenes – R160
Kinders onder 12 – R100

Kaartjies vir die voldagfees en toegang tot die biltongete die aand is beperk, maar dit is ‘n groot belewenis vir die gaste om die tafels te sien kreun onder al die verskillende soorte Biltong, tuisgebakte brood en vele meer.

Gaskunstenaar tydens die biltongete die aand – Kurt Darren.

Spyskaart:
Voorgereg: Snoeppakkie op tafel
Hoofgereg: Biltongsop
Biltongpot
Bees- en Wildsbiltong, Droëwors, Chillibites ens.
Droë Vrugte en Neute
Tuisgebakte Brode (groot verskeidenheid)
Tuisgemaakte Konfyte (o.a. Makataan-, Vye-, Tamatie ens.)
Nagereg: Sjokeladeblokkie
Drinkgoed: Gemmerbier, Sap en water op tafels
Koffie en Tee

Kontantkroeg beskikbaar.

No comments :

Post a Comment