750 mℓ hoenderaftreksel
4 knoffelhuisies, fyngekap
7 cm gemmer, in fyn repies gesny
2 rissies, ontpit en fyngekap
2 skoongemaakte hoenderborsies
7,5 mℓ olie
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g eiernoedels
1 pak choi, fyngekap
15 mℓ sojasous
die sap van 'n ½ lemmetjie
2 stingeluie, in stukkies gesny
'n hand vol vars koljander
Verhit die hoenderaftreksel en gooi dan twee knoffelhuisies, gemmer en rissies by. Plaas die deksel op en laat dit eenkant staan, terwyl jy die hoender voorberei.
Maak fyn snytjies in die hoenderborsies, smeer met die olie en daarna 1 knoffelhuisie, en braai dit dan bruin. Gooi ekstra olie in die pan indien nodig. Die hoenderborsies moet nie gaar wees nie. Sny dit dan in repe.
Voeg die hoender saam met die noedels en pak choi by die by die hoendersop. Prut dit tot die hoender gaar is.
Gooi die sojasous en lemmetjiesap by.
Wanneer jy dit bedien strooi jy stingeluie en koljander oor elke bakkie.
Jy eet eers die noedels uit die sop voor jy die sop eet.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/19/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment