Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/22/2013

Boontjie-en-vark-risotto / Bean and Pork Risotto

200 g droë boontjies
100 g spek
30 mℓ olie
15 mℓ botter
150 g vleis wat jy uit varkwors gedruk het
50 g varkvet, fyn opgesny
1 ui, fyn opgesny
300 g Arborio rys
varsgemaalde swartpeper
gerasperde parmesaan

Week die boontjies oornag in water.
Kook dit die volgende dag saam met die spek in 1 liter soutwater.
Behou die boontjies en vloeistof en gee die spek vir jou honde.

Plaas die olie, botter, vleis, vet en ui in 'n kastrol en roer oor lae hitte met 'n houtlepel tot die ui deurskynend begin raak.
Gooi die rys by en meng goed.
Gooi nou 150 mℓ van die water waarin die boontjies en spek gekook is by en roer tot die rys die vloeistof absorbeer het. Hou so aan tot al die water gebruik is.
Gooi nou die boontjies by en geur met die peper. Proe ook vir sout.
Verwyder die kastrol van die hitte, roer die parmesaan by en bedien dadelik.



(foto Luca Nebuloni)

No comments :

Post a Comment