Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/26/2013

Portwyn-jellie

550 mℓ port
1 stokkie pypkaneel
2 repe suurlemoenskil
110 g suiker
45 mℓ gelatien, geweek in 420 mℓ water

Gooi die helfte van die port in 'n kastrol en bring tot kookpunt. Laat dit vir 3 minute prut.
Voeg die kaneel, suurlemoenskil en suiker by. Laat dit eenkant staan en trek.

Die gelatien moet 3 minute lank week in die water. Voeg by jou portmengsel. Verhit dit stadig oor lae hitte tot die gelatien opgelos is.
Gooi die res van die port by.

Spoel jou jellievorm uit met koue water.
Gooi die port deur 'n sif in die vorm.
Laat jou jellie stol.

No comments :

Post a Comment