Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/26/2013

Garnale met avokado / Shrimps with Avocado

Maak die garnale gaar volgens hierdie resep, met die verskil dat jy 3 fyngedrukte knoffelhuisies byvoeg. Gebruik 500 g garnale vir elke 4 persone.

Sodra die garnale gaar is roer jy 15 mℓ soet rissiesous by per 500 g.

Jy het 'n halwe avokado nodig per persoon – geskil en die pit verwyder.

Vul die avokado met die garnale, drup bietjie suurlemoensap oor die garnale en geur met sout en peper.
Bedien dadelik.

Jy kan ook die avokado in skywe sny. Gebruik jou verbeelding vir die rangskikking.



(foto Vanessa Pike-Russell)

No comments :

Post a Comment