Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/06/2013

Polenta en kaas gebak / Polenta and Cheese Bake

400 g fyn mieliemeel
sout
150 g fontina kaas
30 mℓ gesmelte botter
varsgemaalde witpeper

Kook 2 liter water met 'n bietjie sout. Wanneer die water kook begin jy stelselmatig die mieliemeel byroer. Moenie te veel meel op 'n slag bygooi nie, anders maak dit klonte. 'n Vurk werk die beste vir roer.
Wanneer al die meel by is, moet jy die hitte verminder en die mengsel prut vir 45 minute. Roer dit af en toe. Die polenta moet dik wees en van die kante van die pot wegtrek.

Gooi die polenta uit op 'n houtbord of gewone bord om af te koel.
Wanneer dit koud is sny jy dit in skywe van 1 cm.

Sny die kaas in dun skywe.

In 'n gesmeerde oondbak pak jy nou afwisselende lae van polenta en kaas. Strooi bietjie peper oor elke tweede laag. Die laaste laag moet polenta wees. Gooi die gesmelte botter bo-oor.
Bak in 'n 220°C tot die boonste laag verhard het en goudbruin is.

No comments :

Post a Comment