Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/25/2013

Melkrolletjies / Pains au lait

Hierdie Oostenrykse brood is veral gewild met ontbyt of teetyd.

Sif 500 g meel op jou werkoppervlak.
Maak 'n holte in die middel van die hopie meel en gooi daarin 'n knippie sout, 20 mℓ strooisuiker en 125 g sagte botter.
Meng die bestanddele voor jy weer 'n holte maak en 250 mℓ lou melk begin bywerk. Knie en werk dan 200 g broodmeel by. Knie verder tot jy 'n bal deeg kan vorm daarmee. Bedek met 'n lap en laat dit vir 12 uur lank rys.

Deel die deeg in 20 balle van ongeveer 50 g elk. Maak 'n X bo-op elke bal en verf dit met geklitste eier.
Bak die balle by 180°C vir 25 minute.

2 comments :

  1. Anonymous21/1/14 18:50

    Die resep het nie gis in sy bestandele nie... is dit reg?

    ReplyDelete
    Replies
    1. So ontvang sonder gis, hoewel dit lyk asof mens 5 ml droe gis wil bywerk.

      Delete