Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2013

Voorskoot: 30-Minutespyskaarte vir elke seisoen

Hierdie lekkerlees-kookboek is die eerste uit die pen van Herman Lensing, geliefde kosredakteur van Sarie. Dit is ingedeel volgens die vier seisoene, met driegang-etes vir elke denkbare geleentheid.

Die boek se kenmerk is die gemaklike styl waarmee Herman kook. Daar is nie tierlantyntjies nie, en geen resepte wat ure of dae neem om te kook nie.

Herman se geheim is kortpad-gaarmaakmetodes en kwaliteit bestanddele. In sy eie woorde: “Dis goeie bestanddele wat eenvoudig gaargemaak word, maar wat gelaai is met smaak en liefde. Kos sonder enige fieterjasies, net eenvoudige, lekker kos.

“Daar is geen rede vir ons om nie van elke ete ’n spesiale geleentheid te maak nie. Dek die tafel en drink goeie wyn. Gesels en sit mooi musiek aan. Haal daai borde uit wat jy vir spesiale gaste hou – jou familie is elke aand jou spesiale gaste.”


Voorskoot: 30-Minutespyskaarte vir elke seisoen / deur Herman Lensing -- Human & Rousseau, 2013. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798158039 : R 225.00

No comments :

Post a Comment