Kook 500 g macaroni tot gaar volgens die aanwysings op die verpakking.
Dreineer en hou eenkant.
Maak 'n tamatiesous as volg: verhit 30 mℓ olyfolie en 20 g botter in 'n souspan en voeg dan 1 gekapte ui by. Braai die ui tot dit goudbruin is.
Voeg 500 g gekapte tamaties by en geur met sout en peper na smaak. Voeg ook 'n hand vol basiliekruid by. Bring tot kookpunt en laat dit dan prut tot die tamaties sag is.
Roer die macaroni by, asook 60 g botter en 120 g gerasperde parmesaan. Bedien sodra alles warm is.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Resep: MK Samuelson
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment