Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/13/2013

Broodsous

Broodsous is 'n Engelse sous wat saam met gebraaide wildsvleis of pluimvee gebruik.

Gooi 275 mℓ melk, 'n lourierblaar en 'n klein uitjie met 3 naeltjies daarin gesteek in 'n souspan en bring tot kookpunt.
Laat dit eenkant staan vir 15 minute om te trek.

Verwyder die ui en lourierblaar.
Roer 90 mℓ broodkrummels by en roer oor lae hitte tot dit weer kook.
Verwyder van die hitte en klop geleidelik 30 mℓ botter by en geur met sout en peper.
Bedien die sous warm.

Jy kan die sous bietjie verdun met room indien jy so verkies.



Tarentaal met broodsous.

No comments :

Post a Comment