Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/14/2013

Hoender met port

Vryf 'n skoongemaakte hoender in met 'n mengsel van sout, varsgemaalde swartpeper, 3 fyngedrukte knoffelhuisies en olyfolie.

Plaas die hoender op 'n stuk aluminiumfoelie, groot genoeg om die hoender mee toe te maak.

Pak die volgende op die hoender:
1 ui, in skywe gesny
1 vy, in skywe gesny
3 lourierblare

Gooi 120 mℓ port oor die hoender en maak dit toe met die foelie.

Plaas die hoender in 'n warm oond vir 40 minute.

Haal die foelie af en verbruin die hoender vir 15 minute.

No comments :

Post a Comment