Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/03/2013

Geroosterde aartappels met knoffel

Voorverhit die oond by 200°C.

1 kg jong aartappels, geskil
60 mℓ olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
'n hand vol knoffelhuisies - nie afgeskil nie
1 suurlemoen, gehalveer
'n paar takkies roosmaryn

Kook die aartappels in kookwater vir 10 minute.
Dreineer en sny hulle in die helfte.
Plaas dit terug in die kastrol, sit die deksel op en skud dit.
Gooi die olyfolie, sout en peper by en skud weer.

Plaas alles in 'n oondbak, sprei dit mooi uit met die knoffel tussen in, asook die ½ suurlemoene. Rooster vir 40 minute tot die aartappels goudbruin is.

No comments :

Post a Comment