Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/04/2013

Grondboontjiekerrie

Die Portugese noem hierdie 'n kerrie, ten spyte daarvan dat kerrie nie een van die bestanddele is nie.

250 g rou grondboontjies
2 uie, fyngekap
3 tamaties, gerasper
sout na smaak
peri-peri na smaak
500 g skoongemaakte steurgarnale

Maak die grondboontjies fyn in 'n voedselverwerker. Voeg genoeg water by tot dit 'n wit vloeibare mengsel is. Gooi in 'n souspan.
Voeg die uie, tamaties, sout en peri-peri by. Prut oor baie lae hitte vir 1 uur.
Voeg die steurgarnale by en kook vir 15 minute.

Bedien op wit rys.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

(foto Wilheln Fyles)

No comments :

Post a Comment