’n Kinderpartytjie is lank nie meer net koekbak en balonne opblaas nie. Jy stort baie tyd, liefde en geld in dié dag om dit ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 5 hope inspirasie:
• 20 temas met koeke om uit te kies
• 12 bykomende kolwyntjieversierplanne
• stap-vir-stap instruksies
• kreatiewe idees vir uitnodigings, versierings, geskenkpakkies en kos en drinkgoed wat pas by die tema
• iets vir elke smaak, ouderdom en begroting
• partytjielekkernye wat maklik is om te maak
Met pragtige foto’s en hope partytjie-idees, is Partytjies is pret 5 die perfekte gids vir ’n flopvrye kinderpartytjie!
Ook beskikbaar in Engels: Party Magic 5.
Partytjies is pret 5 word op 20 Oktober 2013 vrygestel.
Partytjies is pret 5 / deur Arina du Plessis -- Human & Rousseau, 2013. -- 128 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798156622 : R 185.00
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment