Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/18/2013

Roux

Roux is 'n sous van gelyke hoeveelhede botter en meel en dien as die basis vir verskeie souse in die kookkuns. Daar word onderskei tussen die blond roux en 'n bruin roux, selfs 'n ligbruin roux.

'n Wit blond word voorberei deur 2 eetlepels botter te smelt oor matige hitte en dan twee eetlepels gesifte meel by te klits met 'n draadklitser vir 2 tot 3 minute. Die roux moet nie van kleur verander nie.

Vir 'n ligbruin roux moet jy dit bietjie langer kook, 4 tot 5 minute.

Vir die bruin roux kook jy dit tot die sous ligbruin begin raak en 'n neutagtige aroma het.


No comments :

Post a Comment