250 g Arborio (rys)
20 g botter
250 mℓ verpulpte tamatie
200 mℓ groenteaftreksel
1 ui, gekap
'n hand vol parmesaan, gerasper
20 mℓ olyfolie
'n knypie rooipeper
Braai die ui in die olyfolie tot glanserig en voeg dan die rys by en braai tot dit rys deurskynend begin raak.
Meng die tamaties en groenteaftreksel saam oor lae hitte. Voeg die mengsel lepel vir lepel by die rys. Geur met die peper.
Draai die hitte af, roer die botter by, gooi die parmesaan by en laat 5 minute staan voor opdiening.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
10/19/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment