Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/31/2013

Vallei van melk en heuning

Die titel van die boek, Vallei van melk en heuning, stel dit duidelik: die oorvloed van eenvoudige dinge. Riana Scheepers maak kos uit die oorvloed van wat haar tuin en die vrugbare vallei haar bied.

In haar eie woorde: “Ek het grootgeword met die idee dat niks verlore mag gaan nie en niks word gemors nie; daarom is dit 'n kookboek met resepte (en stories) van hierdie plaas."

Die Wamakersvallei is ’n streek van uiterstes: van sidderende somerhitte tot snerpende sneeuwinters. Dit is boomryk en waterryk en geil. Die vreugde en die ellende, alles gebeur in oormaat, onder die wakende oog van die Sewe Susters van die Hawekwa-berge. Hierdie boek is die resultaat: van die oorvloed uit haar tuin.

Vallei van melk en heuning word opgedeel in seisoene en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskikbaar is. Dit sluit ‘n wye spektrum van resepte in: van geurige elke-dag-kos, tot uithaler gebak om enige gas mee te beïndruk. Maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus. Tussendeur die resepte vertel Riana stories, en maak dié meer as net ‘n resepteboek, inderwaarheid ‘n inspirerende lekkerlees boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

Vallei van melk en heuning / deur Riana Scheepers -- Lapa, 2013. -- 288 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799356472 : R 375.00

No comments :

Post a Comment