Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/18/2014

Lint noedels met hoenderlewers

400 g lint noedels, voorberei volgens die aanwysings op die verpakking
40 g botter
100 g hoenderlewers, skoongemaak en in dun skywe gesny
125 mℓ vleisaftreksel
knypie sout
knypie neutmuskaat
peper
40 g gerasperde parmesaan

Smelt die botter in 'n klein souspan en braai die hoenderlewers daarin vir 3 minute.
Gooi die aftreksel by, geur met sout en neutmuskaat en prut dit tot die sous met die helfte verminder het.

Geur die pasta met peper en strooi die parmesaan oor.
Gooi die hoenderlewers en sous by en meng goed.

Die gereg kan garneer word met klein of halwe knopiesampioene wat in botter gebraai is.

No comments :

Post a Comment