Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/14/2014

Tamatie fondue

Hierdie sous is nie noodwendig net vir gebruik by 'n fondue nie. Dit kan ook op roosterbrood bedien word.

2 tamaties, ontpit en die vleis fyn opgesny
2,5 mℓ droë basiliekruid
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 mℓ botter
100 mℓ droë sjerrie
500 mℓ gerasperde cheddar
'n knypie paprika

Meng die tamaties en basiliekruid.

Smelt die botter in 'n souspan saam met die knoffel.
Voeg die tamatie by.
Prut vir 8 minute en gooi dan die sjerrie en bietjie paprika by.
Prut tot alles warm is en voeg dan die kaas by.
Roer aanhoudend. Wanneer die kaas gesmelt is bedien jy dit dadelik.

No comments :

Post a Comment