Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/13/2014

Chaudfroid sous

Chaudfroid sous word gebruik oor koue eiers, pluimvee en wild.

Jy het 400 mℓ velouté sous nodig om mee te begin.
Jy moet ook die volgende bestanddele hê:
5 mℓ gelatien
100 mℓ koue water
200 mℓ room
2 eiergele
sout en witpeper

Maak die gelatien sag in die koue water.

Bring die velouté tot kookpunt in 'n souspan. Verwyder dit van die hitte sodra dit kook en roer die gelatien by.

Klits die room en eiergele saam met die hand en klits dan by die sous.
Geur met sout en peper.

Gooi die sous deur 'n sif en laat dit afkoel voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment