Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/29/2014

Tannie Poppie maak boerewors en koolsmoor in vetkoek

Maak 6 -- 8 rolletjies (afhangend van grootte)
1 pakkie Ouma se boerewors, gaargemaak

Kool-smoor
olyfolie vir braai
2 rooi uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, grofgekap
400 g kool, gekerf
15 ml kerriepoeier (mild en spicy), pas die hoeveelheid aan na gelang van hoe skerp jy dit wil hê
2,5 ml sout
5 ml suiker
30 ml witwyn-asyn
160 ml water

Vetkoek deeg
500 g koekmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
15 ml sout
25 ml suiker
1 l louwarm water

Om die vetkoek rolletjie te maak
Sif die meel, sout en suiker saam in 'n groot mengbak. Voeg die gis by en meng goed.
Maak 'n holte in die middel van die meel-mengsel en voeg die water bietjie vir bietjie by. Moenie al die water op 'n slag byvoeg nie.
Soos jy die water byvoeg, meng die bestanddele saam, tot dit 'n sagte deeg vorm.
Sprinkel meel op 'n skoon werksoppervlak en plaas die deeg daarop. Voeg nog 'n bietjie meel by indien die deeg te nat voel.
Knie die deeg vir ongeveer 10 minute of tot glad, blink en elasties is.
Sit die deeg 'n in skoon bak en bedek met 'n lap. Laat dit rys vir ongeveer 35-40 minute of tot die deeg verdubbel het.

Knie die deeg af op 'n meelbestrooide oppervlakte en maak worsbroodjie rolletjies, groot genoeg vir die wors.
Verhit die kookolie in 'n kastrol. Wanneer die olie warm is, sit 'n vetkoek-rolletjie in, verlaag die hitte en laat dit aan albei kante verbruin en heeltemal deur gaar word. Herhaal die proses met al die rolletjies. Maak seker dat die olie elke keer warm genoeg is wanneer jy die volgende rolletjies in die pot sit. Jy kan ook 'n diepbraai toestel gebruik indien jy dit het.

Om die kool-smoor te maak
Verhit die olyfolie in 'n kastrol en braai die uie en knoffel tot sag, maar nie bruin.
Voeg die gekerfde kool by en roer tot goed gemeng.
Voeg die kerriepoeier by en roer goed.
Voeg nou die sout, suiker, witwyn-asyn en water by.
Verlaag die hitte tot laag en laat die smoor prut vir 40-45 minute of tot die kool sag is.
Om die boerewors broodjie te maak
Sny die gaar vetkoek broodrolletjie oop, sit 'n gaar stuk Ouma se boerewors in en skep lekker baie van die smoor oor.

No comments :

Post a Comment