In gesprek met Willemien Brümmer lig die alombekende, gevierde en veelsydige André P. Brink, wie se
werk reeds in bykans 40 tale vertaal is, uiteindelik die sluier oor die betowering wat ‘die baie selwe’ van die
vrou vir hom inhou. Lank reeds word uitgewys dat heelwat vroue in sy werk eienskappe deel, dalk ook met
Ingrid Jonker. Kom luister waarom Christina Landman sê ’n ‘Vrouemonument’ behoort vir André opgerig te
word!
10 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis, Stellenbosch | 120 minute | R220
Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en 'n voortreflike driegang-ete by Knorhoek se
Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir
magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die
skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.
Woordfees 2014
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment